KYK: Dief kom sy moses teë toe oud-Bok hom agternasit
Die publiek se samewerking word gevra om die familie van die 89-jarige vrou op die foto op te spoor.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê inwoners van Mhlasini het omstreeks 15:30 Donderdagmiddag gevra vir hulp nadat die 89-jarige vrou alleen in die strate gewaar is.
Die vrou sê haar naam is Puleng Mhlagwana en sy woon in Buffelsdraai, KwaZulu-Natal.
Volgens Rusa-lede kan die vrou slegs onthou dat sy die huis verlaat het om vars lug te kry – en sy het geen idee hoe sy in Mhlagwana beland het nie. Sy het ook geen inligting oor waar haar familie is of enige kontakbesonderhede nie.
Enigiemand met inligting kan Rusa by 086 123 4333 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



