Man doodgeslaan oor hy glo selfoon steel

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Operation Dudula teiken glo kinders van immigrante

’n Man is Dinsdagaand glo deur ses mense by sy huis uitgesleep na ’n sportveld waar hulle hom doodgeslaan het. Sy liggaam is later by sy huis se hek gevind.

Die man is doodgeslaan omdat hy glo by ’n huis ingebreek het en ’n selfoon het in Lethabong, Rustenburg gesteel het.

Die Noord-Wes-polisie het ses verdagtes in hegtenis geneem op aanklagtes van moord. Die ses sal na verwagting Vrydag in die Bafokeng-landdroshof verskyn.

Bronne: IOL, Ghanamma, VN Explorer

Lees ook: Gevangenes val vier tronkbewaarders aan by Drakenstein-tronk