Lees ook: Meer as 30 onwettige immigrante op Grabouw in hegtenis
Die Equal Education (EE) en Education Law Centre (EECL) het Operation Dudula gekritiseer oor verslae dat die kinders van immigrante glo by Suid-Afrikaanse skole geteiken word.
Dit volg na Operation Dudula glo by hulle Diepsloot-tak xenofobiese boodskappe aanlyn versprei het dat kinders van immigrante uit die skole in die streek verwyder moet word om plek te maak vir Suid-Afrikaanse kinders.
Lede van Operation Dudula het verlede week glo bande gebrand op die N14-hoofweg en buite skole betoog. Hulle betoog ook in die Wes-Kaap en sê immigrante moet teruggaan na hulle eie lande en daar gaan werk soek. Hulle het ook gesê geen kinders van immigrante moet in Suid-Afrikaanse skole wees terwyl Suid-Afrikaanse kinders nie geplaas kan word nie.
Die EE en EECL het gesê die departement van basiese opvoeding moet Operation Dudula openlik veroordeel en weer die regte van kinders van immigrant duidelik maak. Hulle sê ook daar moet sekuriteit by skole geplaas word. Kinders wat klaar verwyder is, moet teruggeplaas word in skole en dat Operation Dudula ondersoek moet word en aangekla word.
Bronne: IOL, Briefly, Daily Maverick
Lees ook: ‘Kinders van onwettige buitelanders moenie in SA-skole toegelaat word’ – sê Gayton McKenzie



