KYK: Beeldmateriaal wys gru-botsing waarin twee sterf
‘n Vragmotor, ‘n bus en verskeie motors was laat Woensdagmiddag in ‘n botsing op die hoek van die N12 en Edenvale-pad-interseksie in Rietfontein, Ekhuruleni, betrokke.
Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare911, sê met paramedici se aankoms op die toneel was beseerdes oral op die toneel. Nooddienste van Emer-G-Med, Netcare911 en ander nooddienste het 43 beseerdes geassesseer. Vier van die beseerdes is in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal geneem. Die ander beseerdes is op die toneel behandel voor hulle later na hospitale geneem is.
Omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, word ondersoek.




Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



