Voormalige polisieman kry minimum van 30 jaar tronkstraf vir verkragtings

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Londense polisiebeampte pleit skuldig op 24 verkragtingsaanklagtes

David Carrick, ‘n voormalige polisieman, wat vir twee dekades vrouens verkrag en mishandel het, is Dinsdag tot ’n minimum van 30 jaar tronkstraf gevonnis.

Carrick het in Januarie skuldig gepleit op 49 aanklagtes, insluitend verkragting, aanranding, poging tot verkragting en die vals arrestasie van 12 vrouens.

Carrick het vanaf 2003 tot 2020 hierdie misdade gepleeg terwyl hy ’n polisieman was by die Metropolitan Polisie in Londen.

Die regter het hom 36 lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê met ’n minimum term van 32 jaar. Sy het gesê Carrick is ’n “gevaar vir vrouens” wat “onbepaald sal voortduur”.

Carrick is verlede maand afgedank deur die Metropolitan-polisie wat intussen om verskoning gevra het omdat hulle nie vroeër besef het wat hy doen nie.

Bronne: DW – South Africa, The Citizen, First Post

Lees ook: Londense polisiebeampte pleit skuldig op 24 verkragtingsaanklagtes