Riaan Geel, Vryheidsfront Plus-raadslid, sê ’n jong moeder van Fraserburg in die Karoo-Hoogland-plaaslike munisipaliteit (Fraserburg, Sutherland en Williston), kon haar pasgebore baba minder as ’n uur vashou voordat hy oorlede is omdat geen ambulans vir noodgevalle beskikbaar was nie.



