Londense polisiebeampte pleit skuldig op 24 verkragtingsaanklagtes

Deel hierdie storie / Share this story

’n Londense polisiebeampte het skuldig gepleit op 24 aanklagtes van verkragting en het erken dat hy vir meer as 17 jaar vrouens misbruik het.

Die Metropolitan-polisie het Maandag om verskoning gevra en gesê hulle moes vroeër bewus gewees het wat David Carrick (48) doen.

Carrick het skuldig gepleit op ‘n totaal van 48 aanklagte wat verband hou met 12 slagoffers, insluitend 24 verkragtings tussen 2003 en 2020.

Bronne: IOL, Fox News, Gulf News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Drie dood in massaskietery