Altesaam 70 van die 72 passassiers wat Sondag aan boord van ‘n vliegtuig in Nepal was, is dood. Owerhede is steeds op soek na die laaste twee passassiers, alhoewel hulle nie oorlewendes verwag nie.
Die vliegtuig was op pad na ’n Nepalese toeristedorpie toe dit in ’n kloof neergestort het toe dit probeer land het.
In die oomblikke voordat die vliegtuig neergestort het, het vier vriende van Indië opgwonde ‘n regstreekse video op Facebook begin. Alles op die vliegtuig het rustig voorgekom, sonder enige noodaankondigings of waarskuwings van personeel. Die klanke van die vliegtuig wat neerstort, is dan skielik hoorbaar voor vlamme op die skerm gesien kan word.
Reddingsdienste het Maandag verder na die oorblywende liggame gesoek. Owerhede het geen verwagting van oorlewendes gehad nie. Nepal se eerste minister het Maandag tot ‘n dag van rou verklaar.



