Jong vrou (20) ernstig beseer toe sy onder trein beland

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Jong vrou (20) het baie ernstige beserings opgedoen toe sy gegly het en voor ‘n trein in Boston, Massachusetts, beland het en raakgery is.

New York Post berig die 20-jarige Ava Harlow van Amesbury het op 27 Januarie vir vriende gaan kuier toe sy geval en onder die trein beland het.

Volgens plaaslike owerhede is Harlow na die voorval na Brigham and Women’s Hospital geneem vir behandeling.

Volgens Independent moes dokters Harlow se een been onder die knie amputeer. Sy het haar ander been gebreek, haar skedel is gekraak, haar arm gebreek en haar pelvis het ook ernstige skade opgedoen.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel