KYK: Vrou agter stuur op hoofweg vas aan die slaap

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Skokkende video doen die rondte van ‘n vrou wat vas aan die slaap op ‘n Kaliforniese hoofweg agter die stuurwiel van ‘n Tesla is.

Die video, wat deur Kiki Dolas geneem is, wys hoe die vrou in ‘n helderpienk hemp en ‘n sonbril agteroorlê terwyl die motor homself bestuur. Volgens Yahoo News het die voorval omstreeks 16:00 die middag op die hoofweg naby Temecula plaasgevind.

Dolas en haar man was volgens Yahoo News na Las Vegas op pad toe hulle die vrou in die motor gewaar het.

Die paartjie het glo vir 15 minute agter die vrou aangery en die motor se toeter gebruik om die vrou te probeer wakkermaak. Hulle moes later nooddienste bel om hulle van die voorval in kennis te stel.

Beamptes het die bestuurder van die Tesla glo wakker agter die stuur gevind.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel