Die polisie in Kaapstad vra die gemeenskap se samewerking om ‘n vrou wat op 1 Februarie vermis geraak het, op te spoor.
Die 33-jarige Zahiera Terris het haar huis in Woodstock verlaat om na Wynberg te gaan, maar het nooit terugekeer huis toe nie. Sy het ‘n blou denim, wit T-hemp en wit tekkies aangehad ten tye van haar verdwyning.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 08600 10111 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



