KYK: Beeldmateriaal wys gru-botsing waarin twee sterf
Nadat die Brits-buurtwagtak die liggaam ‘n onbekende persoon in Van Deventerstraat ontdek het, het hulle ingespring om Kareepark in Bodensteinstraat skoon te maak.
Lang gras is ’n groot veiligheidsrisiko vir die omliggende gemeenskap.
Een van die Brits-buurtwaglede het die liggaam ontdek nadat buurtwaglede op ’n boodskap van ’n inwoner gereageer het wat vermoed het dat iets nie in die park pluis was nie. Alle rolspelers soos Protego Sekuriteitsgroep, Monitor Net, PPS Monitering en Reaksie, sowel as ander buurtwaglede was spoedig op die toneel. Die plaaslike polisie is gekontak en het bevestig dat ’n voertuig uitgestuur sal word.
“Hierdie is weereens ’n bewys van hoe goed samewerking tussen buurtwagte en sekuriteitsmaatskappye die gemeenskap se veiligheid kan bevorder. Dit dui ook op die belangrikheid van buurtwagstelsels en hoe effektief dit is om oë en ore op die grond te hê. Baie dankie aan almal wat reageer het en so gou op die toneel hulp verleen het,” sê Stephan Roos, voorsitter van die Brits-tak.
“Ons wil graag die gemeenskap bedank vir al hul hulp, saam maak ons ’n verskil,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder vir Marico.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



