Groot hoeveelhede medisyne geroof

Deel hierdie storie / Share this story

’n Klerksdorpse koeriervoertuig, wat groot hoeveelhede medisyne vervoer het, is met vuurwapens beroof. 

Luidens die SAPD was ’n werknemer van die koeriermaatskappy besig om medisyne by ’n dokter in Bothaville af te lewer, toe hy glo deur ’n manlike verdagte genader is en met ’n vuurwapen beroof is. 

Enigiemand met inligting oor die saak, kan die Bothaville-polisie by 082 466 7923 of die polisie by 10111, bel. Jy kan ook die MySAPSApp gebruik. 

Lees meer op FiND iT hier.