Lees ook: Woede oor voorstel van professor dat breindood vrouens as surrogate gebruik word
Altesaam 35 mense is oorlede nadat ’n narkotiseur glo pasiënte van vier verskillende hospitale besmette morfien toegedien het. Die pasiënte is oorlede aan meningitis wat hulle in in Durango, Meksiko, opgedoen het.
Die narkotiseur is in aanhouding op aanklagtes van kriminele nalatigheid, maar die aanklagtes kan verander word na moord namate die ondersoek voortgaan.
Die Federal Commission for Protection against Health Risks het op 8 November beslag gelê op vier eenhede van die narkosemiddel Bupivacaine, wat aanvanklik as die rede vir die infeksies in vier streekshospitale geïdentifiseer is. Altesaam 79 mense het meningitis opgedoen, waarvan 35 oorlede is.
Die narkotiseur het by al vier hospitale gewerk en is direk met al die sake verbind. Tydens die ondersoek is uitgevind hy het oop ampule gebruik om pasiënte in te spuit en het met voorafgevulde spuite by die werk opgedaag. Die fungusinfeksie is deur die besmette narkosemiddel van een hospitaal na die ander oorgedra.
Twee streeksamptenare – die hoof van die federale kommissie en die inspekteur – wat vals inligting by die verslae gevoeg het oor die werk by die hospitale wat later gesluit is, word ook aangehou, het die staatsaanklaer gesê.
Bronne: IOL, Ghanamma, VN Explorer, 247News
Lees ook: DBV neem aksie teen KZN-man na hond in kar sterf en vier ander ‘uitgehonger’ word



