Drie werkers by bouperseel in Delft geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Drie konstruksiewerkers is by ’n bouperseel van ‘n behuisingsprojek in Delft geskiet. Al drie sterk in die hospitaal aan.

Lees ook: Ouers word aangeraai om kinders teen masels in te ent

Volgens verslae is die drie werkers Saterdagmiddag in die bene geskiet deur insittendes van ’n wit Toyota Tazz.

Die saak word nog ondersoek. ’n Saak van poging tot moord is by die polisie aangemeld. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Bronne: IOL, Daily Voice, Ezitshisayo

Lees ook: Verkeersbeampte wou voertuig stop, doodgery