Ses beseer toe motor rol

Deel hierdie storie / Share this story

Ses volwassenes is Sondagmiddag beseer toe die motor waarin hulle gery het, op die R559 in Randfontein gerol het.

ER24-paramedici het omstreeks 16:21 op die toneel aangekom toe die provinsiale nooddienste reeds op die toneel was. Die voertuig het ‘n entjie van die pad af op sy dak gelê.

Die ses volwassenes het op die toneel rondgeloop. Hulle het ernstige beserings opgedoen en is deur paramedici ondersoek. Hulle is op die toneel behandel en na hospitale geneem vir verdere behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel