Twee bejaarde mense wat saam in ‘n informele woning in Nomzamo gewoon het, is saam oorlede toe die huis aan die brand geslaan het.
Die polisie is Saterdag 4 Februarie na die adres ontbied waar die huis in Mlungisi (Komani) in vlamme was.
Na die brand geblus is, is die liggaam van ‘n 90-jarige man en ‘n 82-jarige vrou in die huis gevind. Die oorledenes se identiteit is nog nie bekend nie.
Die oorsaak van die brand moet ook nog vasgestel word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



