Die sterftesyfer in ‘n aardbewing wat Turkye Maandagoggend geskud het, het tot 3 000 gestyg.
Volgens die United Stated Geological Survey (USGC) het die aardbewing – ‘n stewige 7,8 op die Richterskaal – Maandagoggend om 03:17 in die suide van Turkye plaasgevind.
Reddingswerkers soek sedert die aardbewing onverpoosd na oorlewendes. Lande van regoor die wêreld stuur spanne na Turkye om imet die reddingspogings te help.
Seismoloë sê die aardbewing is een van die grootstes wat nog in Turkye opgeteken is. Oorlewendes sê die trillings het twee minute geduur.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



