Die 22-jarige Ashley Oosthuizen is in Thailand waar sy 33 jaar tronkstraf uitdien.
Ashley, oorspronklik van George in Suid-Afrika, is sedert 2020 in aanhouding na sy geteken het vir ’n pakkie wat dwelms bevat het. Volgens ’n verklaring van haar destydse kêrel, Tristan Nettles, was hy die een wat die dwelms laat aflewer het en eintlik daarvoor moes teken. Toe hy landuit is en nie die pakkie kon ontvang nie, het hy dit by sy restaurant, waar Ashley gewerk het, laat aflewer.
Oosthuizen het by Hot in The Biscuit gewerk en so het sy, sonder dat sy besef het wat die inhoud was, geteken vir die pakkie. Minute later is sy in hegtenis geneem.
A Voice for Ashley Oosthuizen, ‘n blad wat gestig is om vriende, familie en ondersteuners op hoogte te hou van hoe dit met haar gaan, het in Augustus verlede jaar in ‘n plasing op Facebook bevestig Oosthuzien se vonnis is van lewenslank tot 33,4 jaar verminder.
Die boodskap, wat van Oosthuizen se ma af gekom het, lui:
“Ons het gister uitgevind dat ons verkeerd verstaan het oor ‘lewenslange vonnis’.
Dit blyk toe dat Ashley ‘full life sentence’ gekry het en nie slegs 25 jaar nie.
Haar appèl het goed verloop en haar vonnis is verminder tot 33,4 jaar.
Ons het weer 30 dae om te appelleer.”
“Ons het uit die aard van die saak gehoop dat sy vrygespreek gaan word.
Maar ons berus by ons hemelse Vader dat Hy steeds alles onder beheer het!
Ons loof en prys Hom vir elke klein wonderwerk. Ons vertroue is steeds in Hom en weet dat Sy planne vir Ashley se toekoms goed is. Ons weet ons dien ‘n lewende God wat ons baie liefhet en ons nooit sal verlaat en nooit in die steek sal laat nie. Sy planne is nie ons planne nie en dit is veel groter as wat ons ooit sal besef!”
Oosthuizen het intussen ‘n hartroerende boodskap vanuit die tronk gedeel:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



