Twee in hegtenis na skoolskietery in Mpumalanga

Deel hierdie storie / Share this story

Twee verdagtes van onderskeidelik 23 en 29 jaar oud is in hegtenis geneem in verband met ‘n skietery wat op 2 Feburarie by ‘n skool in Mpumalanga plaasgevind het.

Volgens die polisie het drie verdagtes glo op ‘n sekuriteitswag by die skool in Sand River, Hazyview afgestorm en ‘n vuurwapen van hom geëis. Toe die sekuriteitswag die verdagtes glo daarvan ingelig het dat hy nie ‘n vuurwapen het nie, het hulle op hom begin skiet.

Volgens die polisie is daar niks by die skool gesteel tydens die voorval nie.

Die twee verdagtes is die volgende dag in ‘n taverne in Shabalala in hegtenis geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel