‘n Man wat na bewering psigoties was en glo stemme gehoor het, het Sondagmiddag in ‘n bos, oorkant die ingang van Fase 6, Waterloo in KwaZulu-Natal, selfdood gepleeg deur homself te hang.
Reaction Unit South Africa is om ongeveer 20:45 deur die oorledene se familie vir hulp gekontak.
‘n Familielid het glo aan Reaction Unit South Africa gesê dat die man gekla het hy hoor stemme. Hy het glo ook vroeër Sondag probeer selfdood pleeg, maar sy familie het hom gekeer.
Hy het blykbaar die middag van sy huis in Waterloo in ‘n digte bos langs Janu Ncbobo-pad ingevlug waar hy later gevind is waar hy aan ‘n boom hang.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



