Terwyl President Cyril Ramaphosa Donderdag die staatsrede sal lewer, sal DA-leier, John Steenhuisen, Dinsdagoggend “die ware staatsrede lewer.”
“As ’n nasie moet Suid-Afrika krities evalueer waarheen ons wil gaan as ’n land, en hoe ons beplan om daar te kom,” sê Steenhuisen.



