Man wat stiefseun vloek, borg toegestaan

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Pa wat stiefseun vloek, vra borgtog

Die man wat in hegtenis geneem is nadat hy sy 6-jarige stiefseun in ’n stemopname gevloek het, is borg toegestaan in die Chatsworth-landdroshof.

Die man mag nie kontak met die kind of die kind se ma hê nie.

Die man (30) is op 31 Januarie in die Kharawastan-gebied in hegtenis geneem op aanklagtes van aanranding en die slegte behandeling van ’n kind in terme van die Kinderwet.

In die tien minute stemopname vloek die man die kind omdat hy lank die toilet gebruik en oor sy skoolskoene wat in die kar gelos is. ’n Vrou kla ook in die agtergrond oor die kind. Die kind word dan beveel om sy ore vas te hou en op en af te beweeg as ’n vorm van straf.

Die kind probeer sy kant verduidelik, maar die man bly hom ’n “idioot en nutteloos” noem.

Die seun is glo nou by sy biologiese pa.

Die saak sal 6 Maart voortgaan.

Bronne: IOL, VN Explorer, Ghanamma

Lees ook: Pa wat stiefseun vloek, vra borgtog