Onderwyser skiet: mesaanvaller dood, kollega aangeval

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verdagte is gister by die Sekondêre Skool Kagisho in Gauteng deur ‘n onderwyser doodgeskiet.

Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT gesê die verdagte het aangedring om die hoof te sien, waarna hy die onderwysers in die personeelkamer na bewering gyselaar gehou het. Hy het glo toegang tot die skool bekom toe ‘n motor inry.

“Luidens ’n voorlopige verslag het een van die onderwysers daarin geslaag om te ontsnap en een skoot in die lug af te vuur. Die man het op die onderwyser afgestorm, hom in die arm gesteek en die onderwyser het hom geskiet. Die man is op die toneel dood verklaar en die onderwyser is na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir mediese behandeling.”

Sello het bevestig die polisie ondersoek ‘n saak van moord en oortreding en aanranding.

Dit is nie duidelik waarom die onderwyser gewapen by die skool was nie.

LEES OOK: PAS BEKEND | Jerobejin van Wyk se oorskot in ’n oliedrom op sy vermeende moordenaar se erf gevind