Twee onderwyseresse, onderskeidelik 55 en 57 jaar oud, is beseer toe hul voertuig Vrydagoggend van ‘n wal by Primêre Skool Intaphuka in KwaZulu-Natal af gery het.
Reaction Unit South Africa sê hulle het vroegoggend ‘n oproep vir hulp ontvang. Met aankoms op die toneel het hul twee onderwyseresse wat beseer is behandel, sowel as ‘n gr. 10-leerling wat ‘n paniekaanval gekry het.
Na bewering het die gryskleurige Toyota Urban Cruiser nie in die parkeerarea gestop nie en is dit teen die wal af. Die gr. 10-leerling het dit aanskou.
Die drie pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na ‘n hospitaal geneem is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



