Twee tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord

Deel hierdie storie / Share this story

Twee mans is tot lewenslange tronkstraf in die Lichtenburg-landdroshof gevonnis vir die moord op ’n vrou wat in ’n vlak graf begrawe is.

Lees ook: Vier mans doodgeskiet by KwaMashu-manskoshuis

Een van die mans het ook ’n lewenslange vonnis vir verkragting, maar dit sal nie saamlopend uitgedien word nie.


Johannes Tuelo (24) en Kamogelo Mokgothu (26) het op 13 November 2020 beurte geneem om ’n vrou met ‘n mes op Coligny te steek. Hulle is deur ’n getuie raakgesien. Hulle het ’n graaf by hulle gehad wat hulle gebruik het om die vrou in ’n vlak graf te begrawe.


Die vrou se liggaam is op 16 November gekry en die verdagtes is op 13 en 17 Desember 2020 onderskeidelik in hegtenis geneem.


Die verdagtes het die getuie gedreig om nie polisie toe te gaan nie. Sy was later ’n staatsgetuie.


Bronne: IOL, 247 News, Ghanamma

Lees ook: Vier mans doodgeskiet by KwaMashu-manskoshuis