Overland Liquors Kimberley wil graag sy lojale ondersteuners en krieketgeesdriftiges bedank vir hulle onderstreuning met die krieketwedstryd wat Woensdag in die stad plaasgevind het.
Krieket-aanhangers het in groot getalle na Kimberley opgeruk vir die laaste stukkie van die Betway One Day International wat by die Kimberley Diamond Oval plaasgevind het.
Overland Liquors Kimberley het ‘n lekker kompetisie aan die gang gehad waar klante gratis kaartjies na die wedstryd kon wen.
Paul Lendia, eienaar van Overland Liquors Kimberley, sê dit was omtrent ‘n suksesvolle geleentheid.
“Baie dankie aan al die Kimberliete vir hulle ondersteuning om die krieket te kom bywoon. Dit was weer hoogtyd vir ‘n internasionale krieketwedstryd in ons stad. Dankie aan die Diamond Oval-raad wat die wedstryd laat plaasvind het en vir al die borge betrokke by die geleentheid. Die geleentheid het ook baie beteken vir die ekonomie van Kimberley. Van Overland Liquors Kimberley se kant af, baie dankie vir almal se ondersteuning. Tot die volgende een. ”
Overland Liquors Kimberley sal ook as ‘n gebaar van dankbaarheid aan ondersteuners ‘n lekker winskopie vir bier beskikbaar stel.




