‘n Man (37) en sy dogter (5) is vanmiddag beseer toe die vragmotor waarin hulle gery het op ‘n grondpad in Mount Moreland in KwaZulu-Natal omgeslaan het.
Reaction Unit South Africa sê hulle is net na 16:00 deur ‘n verbyganger vir bystand gekontak.
Met aankoms op die toneel is ‘n vragmotor gevind wat op sy kant gelê het. Die vragmotorbestuurder en sy dogter is op die toneel gevind.
Die bestuurder het aan die beamptes verduidelik dat die een voorste wiel gesluit en die vragmotor laat omval het.
Beide pa en dogter is op die toneel behandel voordat hulle per ambulans vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



