Sers. Brandon Hendricks (43) van Botrivier, gestasioneer te Caledon-polisiestasie, het op 29 Januarie 2023, ongeveer 11:50, aan wat vermoed word rookinaseming gesterf.
Kapt. Frederick van Wyk sê die sersant en sy kollega is op 28 Januarie, ongeveer 22:45, na ‘n klagte van ‘n brand by Rising Sun Close, Fase 3, Botrivier, waar ‘n Wendy-huisie afgebrand het.
Volgens Van Wyk het die hele struktuur afgebrand en ‘n liggaam van ‘n onbekende persoon is in die oorblyfsels gevind. Geen ander beserings of dood is gerapporteer nie. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer.
Volgens voorlopige ondersoek dui dit daarop dat die brand binne die Wendy-huisie ontstaan het, maar die oorsaak is onbekend.
Sers. Hendricks het asemhalingsprobleme ondervind, waarna hy op die 29ste, ongeveer 03:00 die oggend, in die hospitaal opgeneem en later die oggend oorlede is.
‘n Geregtelike doodsondersoek na sy dood is geregistreeer om die oorsaak van sy sterfte vas te stel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



