Wildeklawer is Afrika se grootste uie produsent en ’n primêre verskaffer van aartappels, wortels en beet aan plaaslike markte. Die besigheid het sy hoofkantoor te Barkly-Wes (naby Kimberley), met werksaamhede wat oor drie produksie-eenhede verspreid is. Weens uitbreiding is die volgende poste beskikbaar:
Weens verdere uitbreiding bestaan daar ‘n vakature op ons Romance landgoed vir ‘n Voorman: Produksie en Tegnies.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelikheid neem vir:
- Meganiese oes van uie en wortels,
- Toediening van kunsmis en chemiese middels vir bepaalde gewasse,
- Onderhoud, herstel en optimisering van bestaande landbou implimente, oes masjinerie en landbou toerusting,
- Beskik oor Hidrolies / Elektroniese vaardighede soos van toepassing vir oes masjinerie, implimente en toerusting,
- Beskik oor kennis van Agrico spilpunte.
- Beskik oor toepaslike landbou ondervinding.
Die geskikte kandidaat beskik moet beskik oor:
- Toepaslike ondervinding van sowat 5-10 jaar in ‘n soortgelyke pos,
- Toepaslike ambag in Meganies / Elektronies en / of Plaatmetaal werktuigkundige sal sterk aanbevling wees
- Hardwerkend, eerlik en bereid om tydens piek periodes, verlengde ure te werk
Vergoeding: ‘n Mededingende vergoedingspakket, gemeet aan kwalifikasies en ondervinding en
gerugsteun deur aantreklike byvoordele.
Stuur CV aan: Theresa Lategan
Tel. (053) 531-9700 of
E-pos: [email protected]
Sluitingsdatum: 10 Februarie 2023
Indien u nie binne dertig dae na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, moet u aanvaar dat u aansoek nie suksesvol was nie.
As jy ‘n werksgeleentheid wil adverteer, stuur ‘n e-pos aan [email protected].