Polisielid glo deur sy vrou omgery, sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Konst. Brett Ludick van Citrusdal het gesterf nadat sy vrou hom glo met ‘n voertuig omgery het. Kapt. Nowonga Sukwan, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Ludick was van diens toe die voorval plaasgevind het.

‘n Saak van roekelose bestuur is teen die vrou geregistreer. Nadat die konstabel in die hospitaal oorlede is, is die klagte na strafbare manslag verander.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.