Polisielede vas na betaling om glo dossier te vernietig

Deel hierdie storie / Share this story

Sers. Orapeleng Sekane (42) en sers. Pogiso Chacha, hofordonanse verbonde aan die Wolmaranstad-landdroshof in Noordwes. (42) is op 31 Januarie vir beweerde korrupsie in hegtenis geneem.

Brig. Sabata Mokgabone, polisiewoordvoerder, sê die twee is deur die provinsiale teenkorrupsie-ondersoekeenheid in hegtenis geneem.

Na bewering het die beamptes R1 000 van ‘n beskuldigde in ‘n saak van opsetlike saakbeskadiging, wat in Augustus 2021 geregistreer is, ontvang op voorwaarde om glo ‘n dossier te vernietig.

Nadat die man glo nie in die hof was nie, is ‘n kennisgewing om in die hof te verskyn aan hom uitgereik.

Na ‘n konfrontasie met ‘n familielid van die beskuldigde op Maandag 30 Januarie 2023 het die lede besluit om glo die geld terug te betaal.

Die voorval is aan die polisie gerapporteer en ‘n geheime operasie het plaasgevind waarna hulle in hegtenis geneem is.

Beide word onderwerp aan polisie-regulasies se interne dissiplinêre ondersoeke.

Elk is R500 borg in die plaaslike landdroshof toegestaan, waarna die saak tot 3 Maart 2023 uitgestel is.

Lt.genl. Sello Kwena, die provinsiale kommissaris van polisie in Noordwes, het die arrestasies verwelkom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.