Paartjie van die dag: Riaad en Christina

Deel hierdie storie / Share this story

Riaad (40) en Christina (31) Starr is al nege jaar saam en ses jaar getroud.

Christina sê die heel belangrikste aspek van hulle verhouding is kommunikasie en vertroue in mekaar.

Saam het die egpaar twee dogtertjies van vier jaar oud en 18 maande. “Ons hou daarvan om Saterdagaande te fliek, rustig by die huis op die rusbank. Ons spandeer ook baie tyd saam. Ons doen alles saam – inkopies, gaan saam dokter toe, toets oë saam, werklikwaar álles.”

Christina sê deur “God en Sy krag van bo” kon hulle al deur moeilike tye kom. “As daar ‘n misverstsand is, praat ons dit uit en bid daaroor. Ons gaan slaap nooit kwaad nie.”

Sy ervaar liefde deur omhels en gesoen te word. “Maak nie saak of dit op die voorkop, wange of lippe is nie. My man is dieselfde en ons stuur ook gereeld vir mekaar oulike WhatsApp-boodskappe.”

Riaad se ouers is oorlede, maar Christina sê sy kom goed oor die weg met haar skoonsusters. “Riaad kom ook goed oor die weg met my pa en my suster. My ma is ook oorlede.”

Vertroue, lojaliteit en kommunikasie is hulle resep vir geluk. Vir hierdie Valentynsdag gaan hulle by The Hussar Grill aanklop vir ‘n lekker “date night”.

As jy wil deel wees van ons paartjie van die dag-insetsels, stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Hier is ons vorige paartjies:

Paartjie van die dag: Christiaan en Adanté