WAARSKUWING: Foto’s kan senstiewe lesers ontstel.
‘n Bejaarde vrou het vanoggend op haar vermoorde seun se liggaam in ‘n voetpaadjie in Cottonlands, KwaZulu-Natal, afgekom.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het die 69-jarige vrou haar seun se lewelose liggaam met verskeie steekwonde in die voetpaadjie aangetref.
Rusa sê hy het 06:26 ‘n oproep vir hulp ontvang. Met hul aankoms op die toneel het hulle op die 38-jarige se liggaam afgekom. Hy het verskeie steekwonde aan sy bors en bolyf gehad. Hy is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
Die oorledene se vriend het ook steekwonde opgedoen.
Die oorledene en drie vriende het glo Woensdagaand alkohol ingeneem, toe hulle deur twee mans met messe aangeval is.




Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



