Woedende leerlinge by ‘n skool in Ficksburg in die Vrystaat het ‘n polisievoertuig omgegooi uit woede nadat ‘n leerling van een van die plaaslike skole glo sy eie lewe geneem het.
Die seun se liggaam is glo drie dae gelede deur sy ouma in sy kamer ontdek.
Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die polisie vermoed dat die 18-jarige seun homself om die lewe gebring het.
Sy ouma het iets wat vermoedelik die gif was wat hy ingeneem het, aan die polisie oorhandig.
Die polisie ondersoek die saak. – SABC News, TimesLIVE
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



