Vrou van Polokwane deur pitbull gebyt

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou het gister beserings opgedoen toe sy deur ‘n hond by ‘n huis in Hospital Park, Polokwane, Limpopo gebyt is.

ER24 sê die vrou is op die toneel behandel en daarna na die Polokwane- provinsiale hospitaal vir verdere mediese behandeling geneem.

Die omstandighede rondom die insident is nie bekend nie.

ER24 het bevestig dat dit ‘n pitbull was wat die vrou gebyt het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.