Vermeende dief deur palissade ‘gevang’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vermeende dief is in die vroeë oggendure in sy spore gestuit toe hy homself aan ‘n palissade opgehang het.

Aequitas Security Solutions was besig om Ifafi in Hartebeespoortdam te patrolleer toe die beampte drie kinderfietse in die straat sien.

Met verdere ondersoek is die verdagte gevind waar hy oor ‘n heining by ‘n huis wou klim. Met dié wat daar op hom afgekom is, het hy so geskrik dat hy aan die palissade vasgesit het en net daar bly hang het.

Aequitas Security Solutions se beheerkamer het Hartebeespoort-polisiestasie en Madibeng se brandweer in kennis gestel.

HDie vermeende dief moes met behulp van hidrouliese toerusting van die palissade losgesny word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.