PAS BEKEND | Vier dood en vyf ander beseer in ‘n skietery by ‘n manskoshuis

Deel hierdie storie / Share this story

Vier mense is Woensdagmiddag om 15:00 by ‘n manskoshuis in KwaMashu, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Robert Netshiunda, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan AfriNUUS gesê dat 20 mense na bewering die koshuis binnegestorm het en daarna op die slagoffers losgebrand het.

Vyf ander mense ontvang tans mediese behandeling vir hul skietwonde.

Die motief agter die massaskietery is nog onbekend, maar daar word bespiegel dat dit bendeverwant is.

Netshiunda het bevestig dat niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie. – AfriNUUS

Foto: Dasen Thathiah / Facebook