PAS BEKEND | FBI deursoek president Biden se huis in Delaware

Deel hierdie storie / Share this story

Die Amerikaanse speurdiens, FBI, deursoek tans president Joe Biden se huis in Delaware as deel van die ondersoek na geklassifiseerde dokumente.

In ‘n verklaring het Biden se prokureur gesê die soektog is “beplan” met die president se “volle ondersteuning”.

CBS het berig dat die ondersoek verband hou met ‘n wyer ondersoek na die hantering van geklassifiseerde dokumente.

Die FBI het nie kommentaar gelewer op die soektog nie. – AfriNUUS

– BBC