‘n Bekende Amerikaanse TikTokker is dood toe hy by ‘n krans van ongeveer 21 m ver afgeval het terwyl hy besig was om video’s vir sy profiel te neem.
Daily Mail berig die 27-jarige Edgar Garay se liggaam is Maandag deur noodduikers uit die rivier gehaal nadat hy Sondag by die krans afgeval het.
Garay was glo vir die dag in Cabo Rojo met vakansie. Hy is die dag ongeveer 17:40 laas lewend op die krans gesien.
Carlos Garay, sy broer, sê Garay was op die krans saam met sy neef om die video’s te skiet. Sy neef het hom glo aanhoudend gewaarsku om nie te naby aan die kant van die krans te kom nie.
Verskeie soektogte het Sondagaand in die area plaasgevind voor sy liggaam Maandag gevind is.
Garay het glo reuse beserings aan sy kop opgedoen. – Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



