‘n Man wat deurmekaar en gedisoriënteerd voorkom, is Woensdagmiddag in Tasminstraat in Trenance Park, KwaZulu-Natal aangetref.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het die man lede ingelig dat hy Dinsdagaand in Verulam aangekom het en dat hy in die veld moes slaap. Die man kan geen verdere inligting aan lede verskaf nie.
Indien jy enigiets van die man weet, kontak Rusa by 086 123 4333.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



