Twee beseer toe struktuur meegee, Netcare 2 gebruik

Deel hierdie storie / Share this story

Twee persone, waarvan een ernstig, is Maandagoggend in Waterkloofrif, Pretoria, Gauteng, beseer, nadat ‘n struktuur by ‘n residensiële eiendom meegegee het.

Emer-G-Med is net na 11:00 na die toneel. Op die toneel is gevind twee mans is beseer, een ernstig, toe steierwerk (scaffolding) meegegee het. Beide die beseerdes is op die toneel gestabiliseer.

Die kritiek beseerde pasiënt is per ambulans-helikopter, Netcare 2, na ‘n gespesialiseerde traumasentrum gevlieg.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.