Man ernstig beseer deur elektriese skok

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man (40) is gister ernstig beseer toe hy brandwonde tydens ‘n elektriese skok in Cosmo City in Johannesburg opgedoen het. Hy het glo vir City Power gewerk toe hy geskok is.

Emer-G-Med is om 15:00 na die toneel.

Die man is in ‘n kritieke toestand met lewensbedreigende elektriese brandwonde gevind. Hy is gestabiliseer waarna hy deur Netcare911 na ‘n gespesialiseerde mediese fasiliteit gevlieg is.

Hy het glo vir City Power gewerk toe hy geskok is

Owerhede was op die toneel en ondersoek word ingestel.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.