Een dood toe ligte vliegtuig neerstort

Deel hierdie storie / Share this story
Foto Emer-G-Med (Laevelder / Lowvelder)

Een persoon, wat die enigste insittende van ‘n ligte vliegtuig was, is Maandagmiddag 30 Januarie 2023 dood toe die vliegtuig waarmee hy gevlieg het, by die ou Nelspruit- (Mbombela) lughawe neergestort het.

Emer-G-Med se ambulansdiens is net voor 16:00 saam met ander nooddienste na die toneel waar die wrak gevind is.

Die vlieënier, wat die enigste insittende was, is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die vliegongeluk sal deur Burgerlugvaartowerheid (CAA) en die SAPD ondersoek word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.