Leerlinge wat glo Donderdag by die Hoërskool Alexandra kos van ’n voedingskema gemors het wat vir hulle voorberei is, is geskors hangende ’n dissiplinêre verhoor.
Steve Mabona, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, het die voorval, wat wyd op sosiale media versprei is, bevestig.



