Vrou glo in supermark doodgesteek

Deel hierdie storie / Share this story

Nwabisa Luningo (36) wat by ‘n supermark in Vincent, Oos-London gewerk het, is glo Sondagoggend 22 Januarie 2023, terwyl sy aan diens was, deur ‘n onbekende man met ‘n mes doodgesteek.

Volgens Women For Change was sy in een van die gange in die winkel besig toe die onbekende verdagte, wat as ‘n klant aangesien is, die supermark binnegaan het.

Terwyl Nwabisa besig was om te werk, het die man haar glo aangeval. Sy het geskree terwyl sy na die kasregisters gehardloop het in ‘n poging om van die aanvaller weg te kom. Die man het glo egter agter haar aangegaan en haar aanhoudend gesteek.

Sekuriteitsbeamptes het ingetree, waarna die verdagte na buite gehardloop het. Hy is aangekeer en aan die polisie oorhandig.

Nwabisa is gevind waar sy in ‘n plas bloed lê met veelvuldige steekwonde aan haar bolyf.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.