Colin, gr. 11, afgehaal van ventilator

Deel hierdie storie / Share this story

Colin Pretorius is van ‘n ventilator afgehaal en kon met sy ouers praat.

Sy pa Colin en ma Sanet sien vanoggend sy dokters.

Colin is gedurende die naweek wakker gemaak nadat sedasie gestop en hy sy laaste plasma-behandeling ontvang het. Sy hande was vasgemaak omdat hy glo probeer het om die pype uit te trek.

FiND iT het vroeër berig dat Colin Maandagoggend 16 Januarie 2023 tuis by hul huis se hek inmekaargesak het toe hy op pad skool toe was.

Hy is later in ‘n ernstige toestand van ‘n hospitaal op Vryburg na Kimberley oorgeplaas.

Aanvanklik is gedink hy het moontlik breinvliesontsteking onder lede en dat daar fout met sy niere is. Dié moontlikhede is uitgeskakel, waarna die vermoede ontstaan het dat dit eerder ‘n outo-immuunreaksie kon wees.

Hy is geïntubeer en was tot gister in ‘n geïnduseerde koma.

Hoërskool Stella, waar hy ‘n leerling is het voorbidding vir Colin gevra en het vanoggend ‘n week van gebed vir hom aangekondig:

Maandag: Bid op rugbyveld gedurende pouse

Dinsdag: Lofprysing en aanbidding by SJG

Woensdag: Dra geel strikkies

Donderdag: Gebed in laerskool se vierkant

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.