Man jaag glo meisie met mes, steek haar dood

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (38) is Saterdag 28 Januarie buite ‘n huis in Corkwoodstraat, Tamboville, Gqeberha glo deur haar kêrel met ‘n mes doodgesteek.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die vrou se kêrel het haar na bewering om ongeveer 18:55 met ‘n mes gejaag. Sy het in ‘n huis ingehardloop waar hy haar glo herhaaldelik gesteek het. Sy het buite die huis in mekaargesak, waar sy dood is.

‘n Persoon wat haar te hulp gesnel het, is glo ook in die regterarm gesteek.

Die kêrel van die vrou is gisteroggend vroeg deur speurders van SAPD-Kamesh in hegtenis geneem.

Hy sal na verwagting binnekort in Kariega-landdroshof verskyn vir klagtes van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Die motief vir die moord is steeds onbekend.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.