Man wat glo vrou vermoor, is bekende komediant

Deel hierdie storie / Share this story

Livhuwani Madadze wat Saterdag 28 Januarie in hegtenis geneem is vir die dood van sy vrou nadat sy ‘n huishoudelike geweldsaak teen hom teruggetrek het, is ‘n welbekende komediant van Limpopo, genaamd SABC Livhu.

Hy sal vandag in die Thohoyandou-landdroshof verskyn.

Lindelani Nengovhela (33) se liggaam is op 28 Januarie 2023 in ‘n watergevulde puttoilet by hul huis in Mangodi Ha Sidou, Thohoyandou, Limpopo gevind.

Madadze, wat vir haar dood in hegtenis geneem is, was op borg vrygelaat en moes hierdie week in die Thohoyandou-landdroshof vir huishoudelike geweld verskyn.

“The suspect called the police this morning and reported that he could not locate his wife but was surprised toe find her dead in the pit toilet hole in their yard,” het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder Saterdag gesê.

Madadze was na ‘n voorlopige ondersoek in hegtenis geneem.

Lindelani het op 25 Junie 2022 op haar Facebook-blad geskryf:

“True love is unconditional, no matter what happens you never leave it.”

Bron: Women For Change

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.