Meisie glo deur kêrel doodgesteek

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verdagte (39) is in hegtenis geneem op aanklagte dat hy glo sy 31-jarige meisie met ‘n mes doodgesteek het.

Die polisie op Kamesh het die verdagte vroeg Sondagoggend in hegtenis geneem.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die verdagte het sy meisie Saterdagaand omstreeks 18:55 glo met ‘n mes rondgejaag. Toe sy by ‘n huis in Corkwoodstraat, Tamboville, inhardloop, het hy haar glo herhaaldelik met ‘n mes gesteek. ‘n Lid van die gemeenskap wat probeer keer het, is ook in sy regterarm gesteek.

Nadat die slagoffer buite die huis inmekaargesak het, het die verdagte glo aangehou om haar te steek, sê kapt. Swart. Die vrou is aan haar beserings dood.

Die verdagte verskyn binnekort in die Kariega-landdroshof op aanklagte van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel